Is jou tassie gepak? Dis byna weer tyd vir ASJAS se jaarlikse Eerstejaarskamp!

Hierdie kamp is die eerste en die beste geleentheid om by ASJAS in te skakel! Tydens hierdie kamp maak jy kennis met ander
eerstejaars en natuurlik leer jy ook die studente in ons gemeente ken.

Jy bou ook hegte vriendskappe met Christene wat oorwegend soos jy dink en voel! Dit help baie om die druk van ’n moontlike nuwe omgewing en nuwe vriende te verlig! Na hierdie kamp sal jy tuis voel en nie meer ’n vreemdeling in ’n nuwe, groot en vreemde stad, universiteit of kollege nie!

Kampfooie beloop R600.00 per persoon en jy kan reeds jou plek bespreek vir hierdie lewensverrykende geleentheid!

Kontak gerus die APK Pretoria-Oos kerkkantoor vir meer inligting – 012 361 7574