Verbondsonderrigouers en belangstellendes word uitgenooi na die Verbondsonderrigafsluiting by Diamantvallei-kampterrein op Sondag 30 November.

Roete-aanwysings

Diamantvallei is sentraal geleë tussen Pretoria-Oos, Johannesburg Internasionale lughawe (Kempton Park) en Cullinan met Witbank maklik bereikbaar.

Vanaf Pretoria

1. N4 oos (rigting Witbank) draai regs oor die snelweg by die Cullinan/Rayton/ Bapsfontein afrit (tolhek), nà ongeveer 3km, draai links by groen Diamantvallei bord op ‘n grondpad, volg die groen Diamantvallei borde. Neem asb. kennis: daar is ‘n ander onthaalarea op dieselfde pad.

2. Lynnwood-Oos, draai links op die Boschkop-pad, gaan voort tot by ‘n T-aansluiting, draai daar links en volg die pad na Rayton vir ongeveer 5km, draai regs in by die pad wat aandui Diamond Hill (ons buur-venue) Volg die groen Diamantvallei-borde van daar af. Neem asb. kennis: dit is ook die pad na die buur-onthaalarea.