“My siel smag na u heil; op u woord wag ek.” – Ps 119 : 81

Elektroniese Bediening

Wat behels elektroniese bediening?

Regstreekse uitsending van eredienste

Eredienste word Sondag oggende om 9:00 en Sondag aande om 18:00 regstreeks op die internet uitgesaai, asook met spesiale dienste soos Goeie Vrydag, Hemelvaart, Geloftedag en Kersfees.  Om na ‘n uitsending te kyk, word ‘n rekenaar of slimfoon met internettoegang en voldoende bandwydte en ongeveer 700 MB data benodig.

Rekenaar

Enige van hierdie skakels kan gebruik word om na ‘n regstreekse uitsending te kyk:

Ustream:

http://www.ustream.tv/channel/apk-pretoria-oos
of
www.apkpo.co.za/aanlynpreke

YouTube:

https://www.youtube.com/channel/UC7h2ym48EyQDyZ8ZvP4rAPA/videos
of
Soek bloot vir “APK Pretoria-Oos” op https://www.youtube.com

Mense ondervind soms probleme met Ustream uitsendings wat nie glad oorkom nie of glad nie wil speel nie. Indien dit gebeur, probeer die YouTube kanaal. Laat ons ook gerus weet indien u vind dat YouTube beter werk as Ustream.

In verband met probleme spesifiek op Ustream kan ‘n paar riglyne gegee word:

  1. Wanneer daar op ‘n rekenaar gekyk word, wil dit voorkom asof vastelyn verbindings (byvoorbeeld Telkom ADSL) meer betroubaar is as mobiele konneksies.  Die mobiele netwerke is soms wispelturig en dit wil voorkom asof veral die Vodacom netwerk nie altyd wil saamwerk met die uitsendings nie.
  2. Wanneer ‘n uitsending nie wil speel op een internet blaaier nie, probeer ‘n ander blaaier.  Dit wil voorkom asof Internet Explorer soms beter werk as Firefox en Chrome.
  3. Sekere anti-virus en internet sekuriteitsprodukte (spesifiek Kaspersky Internet Security) blokkeer soms om een of ander rede die Ustream kanaal.  Indien probleme ondervind word met uitsendings wat glad nie wil speel nie (die skerm bly net swart), kan die probleem moontlik opgelos word deur die produk tydelik te deaktiveer.

Stuur gerus vir ons ‘n boodskap indien u probleme ondervind met Ustream of YouTube of indien u meer oplossings het om aan te beveel.  In alle gevalle, dui asseblief die volgende duidelik aan:

  1. Die bedryfstelsel wat u gebruik (bv. Windows 7, Windows 8.1, Windows 10, Ubuntu Linux, Apple iOS, ens.);
  2. Die internet blaaier wat u gebruik (bv. Internet Explorer, Firefox, Chrome);
  3. U internet diensverskaffer (bv. Telkom, Vodacom, MTN, CellC);
  4. Die tipe internet konneksie wat u gebruik (bv. ADSL, optiese vesel, 3G/LTE).
Slimfoon

Gebruik die toepaslike toepwinkel (“app store”) op die slimfoon om die Ustream of YouTube toeps af te laai. Om regstreeks na ‘n uitsending te kyk, maak die toep oop, soek vir “APK Pretoria-Oos” en kies die die kanaal behoort bo-aan die lys van opsies te verskyn.

Video- en klankopnames

Opnames van uitsendings

Video- en klankopnames van onlangse uitsendings kan hier gevind word. Opnames van die volledige erediens of slegs die preek kan gekyk word of afgelaai word. Videos is beskikbaar teen verskillende kwaliteitstellings. Kies die opsie wat u die beste pas na gelang van die bandwydte en hoeveelheid data wat u beskikbaar het. Om ‘n video- of klankopname af te laai, gaan na die lys van “Alternatiewe Skakels” op die bladsy van die erediens wat u wil aflaai, regs-kliek op die betrokke skakel en kies die “Save Link As”, “Save Target As”, of soortgelyke opsie (afhangend van die internet blaaier wat u gebruik).

Opnames van regstreekse uitsendings word nie vooraf geredigeer nie. Beeld- en klankkwaliteit mag soms nie perfek wees nie en foute mag soms insluip, aangesien dit ‘n rekstreekse uitsending is.

Geredigeerde opnames van eredienste

Video- en klankopnames van onlangse uitsendings kan hier gevind word. Opnames van die volledige erediens of slegs die preek kan gekyk word of afgelaai word. Videos is beskikbaar teen verskillende kwaliteitstellings. Kies die opsie wat u die beste pas na gelang van die bandwydte en hoeveelheid data wat u beskikbaar het. Om ‘n video- of klankopname af te laai, gaan na die lys van “Alternatiewe Skakels” op die bladsy van die erediens wat u wil aflaai, regs-kliek op die betrokke skakel en kies die “Save Link As”, “Save Target As”, of soortgelyke opsie (afhangend van die internet blaaier wat u gebruik).

Redigering van opnames verseker deurgaans goeie klank- en beeldkwaliteit en alle foute word uitgeredigeer. Woorde van die Skriflesing en geloofsbelydenis word ook op die skerm vertoon. Die redigeerproses is arbeidsintensief en daarom is daar relatief min geredigeerde eredienste beskikbaar.

DVD’s

DVD’s van ‘n beperkte aantal eredienste en ander geleenthede is beskikbaar op bestelling.

Eredienste wat vrygestel word op DVD word geredigeer om te verseker dat die klank-en videogehalte deurgaans goed is. Elke erediens op DVD is ingedeel in hoofstukke volgens die liturgie, wat dit maklik maak om direk na ‘n sekere deel van die erediens te gaan.

Hoe kan ek deel word van hierdiedie bediening?

U hoef nie ‘n lidmaat van APK Pretoria-Oos te wees om deel te word van hierdie bediening nie! Elkeen wat inskakel, ‘n video aflaai of na ‘n klankopaname luister is REEDS deel van die bediening! Maar u kan ‘n aktiewe medewerker word deur:

  1. Voorbidding te doen vir die prosesse, die mense en die nodige fondse;
  2. Die beskikbare materiaal te gebruik en te versprei en ander daarvan te vertel;
  3. Terugvoer te gee en voorstelle te maak sodat die materiaal aangepas kan word waar nodig om dit nog meer toepaslik en toeganklik te maak;
  4. ‘n Finansiële bydrae te maak om die maandelikse kostes te help dek, toerusting in stand te hou en op te gradeer.

 

“Want soos die reën en die sneeu van die hemel neerdaal en daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde deurvogtig en maak dat dit voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter; so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur.” – Jesaja 55 : 10 – 11

Jou e-posadres sal nie bekend gemaak word nie. Vereiste velde gemerk *

*