Finansiële verslag aan die gemeente van AP Kerk Pretoria-Oos vir die tien maande geëindig 31 Oktober 2016

Vir die tien maande geëindig 31 Oktober 2016 is daar R3,013,965 ingesamel d.m.v. gemeentelike werksaamhede. Vir dieselfde tydperk is R3,027,965 spandeer aan uitgawes van gemeentelike werksaamhede. Die voorsienigheid van die Here getuig nog ʼn jaar van veel genade van Hom ontvang. Dankbaarheid gaan uit aan elkeen wat op vele maniere die sigbaarheid van die Kerk van Christus bevorder in ʼn donker samelewing.

In die twee diagramme hieronder word die gemeentelike werksaamhede saam met ʼn aanduiding van gewig aan elke werksaamheid, aangedui.

Kom u as belydende lidmaat u rentmeesterskapverantwoordelikheid na? U sal weet. Moet egter nie die Here wat voorsien toets in Sy toorn nie. Die Skrifte toon aan ons die lankmoedigheid van die Here, maar toon ook vir ons wat gebeur met diegene teenoor wie Sy toorn ontvlam vanweë ongehoorsaamheid en ontrouheid.

Uit die diagramme hieronder blyk duidelik dat daar nog veel ruimte vir groei bestaan in die werksaamhede van barmhartigheid, evangelisasie en dissipelskap. Hierdie groei kan bewerkstellig word deur betrokkenheid, navorsing en meelewing.

2-finan

finan-2

Jou e-posadres sal nie bekend gemaak word nie. Vereiste velde gemerk *

*