Kinders van die Lig het in 1997 ontstaan as ‘n evangelisasie- en uitreikaksie van die Afrikaanse Protestantse Kerk Pretoria-Oos.

Tans staan Kinders van die Lig onder toesig van die Afrikaanse Protestante Kerke van Pretoria-Oos en Wesmoot en reik uit na kinders van alle kerkverbande. Kinders van die Lig wil uiting gee aan God se opdrag wanneer Hy ons na ons eie volksgenote se kinders stuur. Ons wil nie alleen die Lig in die duister wêreld laat skyn nie, maar ons wil ook die vlam in harte aansteek wat dit weer verder kan dra. Daarom poog ons om die nodige toerusting en ondersteuningsraamwerk aan die kinders te verskaf waardeur hulle selfstandige dissipels van Jesus Christus kan word.

“Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerhande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.” (Mat 9:13)