Die Senior Vriendekring is die APK Pretoria-Oos se aksie vir lidmate ouer as 60 jaar.

Die Senior Vriendekring gee ons senior lidmate die geleentheid om saam te kuier, gedagtes te deel en gestimuleer te word deur verskeie programme wat op die eerste Dinsdag van elke maand aangebied word.

Die programme wissel van optredes deur gaskunstenaars, DVD-vertonings, uitstappies na besienswaardighede in en om Pretoria tot gassprekers wat senior lidmate oor aktuele onderwerpe toespreek. Soms word etes rondom ‘n tema gereël en een maal per jaar bied die susters van die gemeente ‘n verjaardagete aan waar elke senior lidmaat se verjaardag wat deur die jaar plaasgevind het, gevier word.