Tiennet is die aksie vir ons hoërskooljeug. Die naam is saamgestel uit “Tien” vir tiener en “net” vir die idee van vissers van mense.

tiennet1

Van links na regs: Anelda Smith (Sekretaresse), Marné Scholtz (Voorsitster), Danielda van Eeden (Ondervoorsitster)

Op Sondag 9 November 2014 het Tiennet hul bestuur vir 2015 verkies. Marné Scholtz is as Voorsitster verkies. Aangevuur deur haar verkiesing, is die ander twee lede van die berugte maltrap-driemanskap (of eerder drievrouskap) daarna onbestrede verkies: Danielda van Eeden as Ondervoorsitster en Anelda Smith as Sekretaresse. Dis maar goed Anelda is as Sekretaresse verkies, want sy is darem die minste mal van die drie. Tiennet sal dus op papier nie té onordentlik lyk nie…

 Hoe dit ookal sy, ons tieners wag met asem ingehou van opgewondenheid om te sien wat hiér gaan uitbroei. Nee, eintlik wag ons nie. Ons kan nie wag nie!!