ʼn Goue Jare-bederfdag – aangebied deur die Verbondsonderrig-kinders

Eenmaal per jaar, op ʼn Sondagoggend na kerk, hou die Verbondsonderrigkinders ‘n bederfdag vir die Goue Jare-groep. Op daardie dag bied die Verbondsonderrigkinders optredes aan om die senior lidmate mee te vermaak. Die ma’s van die Verbondsonderrigkinders bring ook elkeen ‘n bordjie eetgoed wat almal na die tyd  saam met ‘n koppie tee of koffie geniet.

Die tema van hierdie jaar se Goue Jare-geleentheid op 13 September 2015 het aangesluit by die 140-jaar-vieringe van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) se bestaan. Die program was volgepak met voordragte, opvoerings en musiekitems, insluitend sommige van Afrikaans se grootste digters en skrywers.

Klier hier vir meer foto’s.

Jou e-posadres sal nie bekend gemaak word nie. Vereiste velde gemerk *

*