🕯️
Herdenking by die Irene Konsentrasiekamp

16 Junie 2026 · Irene Konsentrasiekamp-begraafplaas

Vandag is ’n eerbiedige herdenkingsdiens by die
Irene Konsentrasiekamp-begraafplaas gehou, waar kultuurorganisasies en die plaaslike
gemeenskap hulde gebring het aan die vroue en kinders wat tydens die
Anglo-Boereoorlog hier gesterf het.

Die Matriekgroep van CVO Skool Pretoria het ’n besondere rol vervul deur die
vlaghysing te behartig en ook ’n kranslegging namens die skoolgemeenskap te doen –
’n waardige en betekenisvolle bydrae tot die geleentheid.

Die program het verder bestaan uit skriflesing, gebed en
kransleggings deur verskeie organisasies.

’n Perdekommandogroep, uitgebeeld deur insluitende lede van ons APK-gemeenskap,
was ook teenwoordig. Hulle deelname het die geleentheid verryk deur die voortlewing van
kultuur, erfenis en geloof sigbaar te maak.